Die Boereplaas Uitbreidingstel 1 het ‘n lekker klomp addisionele speelkaartjies wat saam met die oorspronklike Boereplaasstel gespeel kan word. Dis snaakser, lei tot meer interaksie tussen spelers en dis meer onvoorspelbaar. Soos gewoonlik is oom Sakkie weer besig met al sy streke en gaan spelers se geduld voorwaar getoets word.